Die Krag Van Geslagsgelykheid
Monday, 1 June 2015
Ek het lang
hare; hy het 'n baard. Ek het groot heupe; hy het groot spiere. Ek het 'n sagte
stem, maar hy het 'n diep een. Ons is verskillend op 'n paar maniere, maar ons
is almal mense.
In vandag se
samelewing is dit baie moeilik om iemand nie te
oordeel van iemand op grond van hul geslag nie. Daar is soveel
verwagtinge en stereotipes wat sê hoe 'n mens moet optree of watter geleenthede
ons moet hê as gevolg van ons geslagte.
Dit het
gelei tot 'n ongelyke behandeling vir mans en vroue en dikwels het vroue nie
dieselfde vooruitsigte en regte as mans nie.
In die
artikel “Jy Mag Woede Wys”, praat die skrywer oor die reputasies van mans en
vrou se gedrag en emosies. Dit is duidelik dat die oortuigings suggereer dat 'n
man sterk en taai moet wees en 'n vrou sag en sensitief moet wees. Dit
impliseer dat 'n vrou nie haarself kan beskerm nie daarom kan hulle selde
risko’s neem.
As gevolg hier
van, dink mense dat vroue nie so suksesvol soos mans kan wees nie en dikwels
sal 'n maatskappy 'n man voor 'n vrou huur. Dit is dus baie moeilik vir vroue om
'n goeie inkomste te verdien.
Die
belangrikste probleem met geslagsongelykheid is die ontkenning van regte van
vroue. In sommige lande, kry meisies nie 'n opvoeding nie en mense soos Malala,
in die atrikel uit Rooi Rose, waag hul lewens om vir hulle oortuigings op te
staan.
Ten einde hierdie
gaping tussen mans en vrouens te verander, moet ons die sosiale norme verander
en oorbrug. Stereotipering moet eindig en mans en vrouens moet dieselfde vooruitsigte
kry en niemand moet enigiemand terughou as hul 'n vrou is nie.
Ek het 'n brein;
hy het 'n brein. Ek het arms en bene; hy het arms en bene. Ek kan alles doen wat
hy kan doen. Ons is dieselfde.
Subscribe to:
Posts (Atom)