Monday, 1 June 2015

Ek het lang hare; hy het 'n baard. Ek het groot heupe; hy het groot spiere. Ek het 'n sagte stem, maar hy het 'n diep een. Ons is verskillend op 'n paar maniere, maar ons is almal mense.
In vandag se samelewing is dit baie moeilik om iemand nie te  oordeel van iemand op grond van hul geslag nie. Daar is soveel verwagtinge en stereotipes wat sê hoe 'n mens moet optree of watter geleenthede ons moet hê as gevolg van ons geslagte.
Dit het gelei tot 'n ongelyke behandeling vir mans en vroue en dikwels het vroue nie dieselfde vooruitsigte en regte as mans nie.
In die artikel “Jy Mag Woede Wys”, praat die skrywer oor die reputasies van mans en vrou se gedrag en emosies. Dit is duidelik dat die oortuigings suggereer dat 'n man sterk en taai moet wees en 'n vrou sag en sensitief moet wees. Dit impliseer dat 'n vrou nie haarself kan beskerm nie daarom kan hulle selde risko’s neem.
As gevolg hier van, dink mense dat vroue nie so suksesvol soos mans kan wees nie en dikwels sal 'n maatskappy 'n man voor 'n vrou huur. Dit is dus baie moeilik vir vroue om 'n goeie inkomste te verdien.
Die belangrikste probleem met geslagsongelykheid is die ontkenning van regte van vroue. In sommige lande, kry meisies nie 'n opvoeding nie en mense soos Malala, in die atrikel uit Rooi Rose, waag hul lewens om vir hulle oortuigings op te staan.
Ten einde hierdie gaping tussen mans en vrouens te verander, moet ons die sosiale norme verander en oorbrug. Stereotipering moet eindig en mans en vrouens moet dieselfde vooruitsigte kry en niemand moet enigiemand terughou as hul 'n vrou is nie.

Ek het 'n brein; hy het 'n brein. Ek het arms en bene; hy het arms en bene. Ek kan alles doen wat hy kan doen. Ons is dieselfde.

No comments:

Post a Comment